Episode 1: Ontbyt

Inhoud

 

 

Papaja met Glutenvrye Granola en Sojajogurt 

Papaja met Glutenvrye Granola en Sojajogurt

  • 1 Papaja, in blokkies gesny
  • 1 houertjie Sojajogurt
  • Granola
  • 500ml Hawermout
  • 250ml gesnyde Amandels
  • Olyfoliesproei
  • 125ml Esdoringstroop
  • 12.5ml Ongesoute Botter, gesmelt
  • 5ml Druiwepitolie
  • 62.5ml gedroogde Bosbessies
  • 62.5ml Rosyne
  • 12.5ml Lemoenskil, gerasper

 

Voorverhit die oond tot 150 grade Celcius. Sprei die hawermout uit oor die bakplaat en bak ongeveer 20 minute tot goudbruin. Plaas in glasbak, gooi amandels by en laat effens afkoel.  Smeer bakplaat. Meng die esdoringstroop, botter en olie en meng goed met die hawermout en amandels. Smeer mengsel oor die bakplaat. Bak en roer elke nou en dan vir ongeveer 15 minute, voeg bessies en rosyne by en bak nog so 10 minute. Roer laastens die lemoenskil by en laat afkoel. Breek in stukkies.

Die granola kan tot 2 weke lank in ‘n lugdigte houer gebêre word. 

Rangskik die vrugte, granola en jogurt in mooi glasies en bedien as voorgereg vir ontbyt.

 

Spinasie en Tamatie Quiche

Glutenvrye Spinasie en Tamatie Quiche

Kors

  • 125ml Rysmeel
  • 125ml Amandelmeel
  • 250ml gerasperde Kaas
  • 125g Botter 

 

Meng al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot ‘n sagte deeg. Druk dan in die bodem van ‘n Quiche pan. Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.

Vulsel

  • 250ml gaar gesnipperde Spinasie
  • 2 geskilde Tamaties, in blokkies gesny
  • 6 gekapte Grasuie
  • 3 Eiers
  • 250ml Room
  • 180ml gerasperde Kaas
  • 1,5ml Neutmuskaat
  • Sout en Peper na smaak

 

Sprei die tamatie, spinasie en uie eweredig oor die tertdop. Klits die eiers room, kaas en geurmiddels saam en gooi oor die spinasiemengsel in die tertdop.
Bak 30 minute teen 180 grade Celcius.

Die Quiche kan warm of koud bedien word.

 

Plaatkoekies

Glutenvrye Plaatkoekies

  • 125ml Rysmeel
  • 125ml Amandelmeel
  • 10ml Bakpoeier
  • 1ml Sout
  • 30ml Xylitol
  • 1eier of 40ml Vlassaad bindmiddel (week vlassaad oornag in water, maak fyn in voedselverwerker)
  • 200ml Rys of Sojamelk
  • 15ml gesmelte Botter of Olyfolie

 

Sif die droë bestanddele saam. Klits die eier of bindmiddel, melk en botter of olie saam en voeg by die droë bestanddele. Klop die mengsel tot glad en laat staan minstens 30 minute lank. Skep lepelsvol in warm pan met gesmelte palmolie en braai tot borrels op die oppervlak vorm. Draai om en bak goudbruin. Bedien warm met botter en heuning.

 

Wortel, Lemoen en Pynappelsap

Wortel, Lemoen en Pynappelsap

  • 5 medium Wortels
  • 2 Lemoene
  • 1 Klein Pynappel

 

Maak seker die wortels en vrugte is goed verkoel in die yskas. Skil die Lemoene en Pynappel om net die ergste dorings en bitter lemoenskil te verwyder. Sny die punte van die wortels af. Plaas in Ontsapper, meng sap goed en laat rus. Gooi dan deur ‘n sif en bedien.

 

 

Glutenvrye Koekies met Koffie

Glutenvrye Koekies

  • 250ml Amandelmeel
  • 50g gesmelte Botter (Laat afkoel)
  • 62.5ml Suiker/ Xylitol
  • 1 Eier
  • 125ml Droë vrugte soos rosyne en bosbessies
  • 5ml Kaneel
  • 5ml Vanilla Ekstrak
  • Knypie Sout

 

Voorverhit oond tot  170 grade Celcius. Meng al die bestanddele saam en vou die droë vrugte in, mens kan ook sjokoladesplinters invou. Voer ‘n bakplaat uit met waspapier. Plaas teelepels vol van die mengsel op die bakplaat en bak 10 tot ligbruin en gaar. Haal uit die oond as die kante begin verbruin. Die koekies is klammerig, nie droog nie.